Articles
Headline News
27 July 2018

Rustenburg – Die Newrak Impala Rugby Klub se eerstespan het op Saterdag 21 Julie voor QBR, die Quins-Bobbies Rugby klub, te staan gekom. 


Hulle oorwin QBR met 59-50 en dring deur die na die semi-finale op 4 Augustus, en sal díe keer op die veld uitdraf teen Naka Bulle op Impala se tuisgronde. 


Ook op die kalender: Impala se tweede en derde spanne speel die naweek, Saterdag 28 Julie, teen TUT, ook op Impala se gronde om 14h30 en 16h00 onderskeidelik. 

Dewald Havenga (links) en McDonald Duma (regs) staan sterk agter Cecil Dumond. 
Trevor Tokkie Visser wat daai bal reg deur die pale geskop het en vir Newrak nog ‘n punt op die bord gesit het

 

Share this article with a friend...