Articles
Sport & School News
29 June 2018

Die Bokke verloor vir die eerste keer in agtien jaar met 25-10 teen die Bleekbene op tuisfront ou groene... en dit nogal op Nuweland wat die laaste keer 'n toets gaan aanbied! O aarde, daar is weer baie water gespaar die naweek in die Kaap...

Om verskonings te soek gaan nie help nie maat. Vat die hou en sorg dat jy nie weer dieselfde fout in die toekoms begaan nie. Dit is nou Rassie van wie ons praat. Jy kan nie teen 'n sterk span soos Engeland wil gaan staan en proefnemings doen nie.

Die dag as daar weer sónder enige groepsdruk 'n span kan gekies sal word, sal Bok ruggas weer 'n krag op die rugbyplaneet wees. Engeland se Eddie is uitgeslape kalant en het sy span se dissipline was op die dag die verskil tussen wen en verloor.

Die Bokke speel later weer teen die Ingelse op tuisbodem en dit gaan 'n perd van ander kleur wees maats.

Nag ‘n groene...

 

ANDER UITSLAE

Die Iere maak geskiedenis en klop die Aussies 20-16 in die derde en finale toets, en wen vir die eerste keer ooit in 'n toetsreeks en dit nogal in Australië!

  • NZ 49-14 Frankryk
  • Argentinië 15-44 Skotland

En so sak die Internasionale arena se gordyn vir eers ou groene.

 

SUPERUGBY

Die Super 15 skop weer die naweek af. Kry solank die biltong bestellings reg!

29 Junie

  • Blues vs Reds - Auckland

 

  • Rebels vs Waratahs - Melbourne

 30 Junie

  • Highlanders vs Chiefs - Suva,Fidji

 

  • Brumbies vs Hurricanes - Canberra

 

  • Sunwolwes vs Bulle - Singapoer

 

  • Haaie vs Leeus - Durban

 

  • Jaguares vs Stormers - Buenos Aires

Share this article with a friend...