Articles
Social & Community News
11 May 2018

Die voorgestelde wysiging aan artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, is nou maande die gonswoord in landbou kringe.

Nie net landbou grond sal onteien kan word nie, ook ander eiendom, selfs pensioenfondse. 


Onteiening sonder vergoeding is diefstal sê die Transvaalse Landbou Unie van Suid Afrika (TLU SA). Geen landbouer het nog die grond waarop daar vir 70% van die land se stadsbewoners kos geproduseer word gesteel nie.

Ons het hard gewerk vir dit wat ons het, ons wil nie in politiek betrokke raak nie, ons wil kos produseer.


Privaat eienaarskap as bousteen van die vryemark ekonomiese stelsel sal Suid-Afrika ’n selfonderhoudende volhoubare voedsel produsent hou.


Kom luister na meer inligting oor die onderwerp van onteiening sonder vergoeding tydens ’n inligtingsessie deur Soutpansberg Distrik Landbou Unie (DLU) aangebied op Saterdag 12 Mei te Kennington Lodge naby Louis Trichardt.

Die spreker is Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA en ’n kenner op die gebied. 


Toegang is gratis. Skakel Hester Bayes by 082-302 8762 vir enige navrae. 


Soutpansberg DLU persverklaring, Maandag, 7 Mei 

Share this article with a friend...