Articles
Crime & Accidents News
04 May 2018

Thabazimbi – Mike Hodge (72), eienaar van die Marakele Animal Sanctuary naby Thabazimbi, sterk tans aan in ‘n hospitaal in Johannesburg, nadat hy Saterdag, 28 April omstreeks 11h00, deur een van sy leeus oorval is.

Die video is op ons facebook-bladsy gelaai, en is nie vir sensitiewe kykers nie.

Die 10-jarige mannetjies leeu, Shamba, het Hodge aangeval binne in sy hok. Op die video word die afgryslike oomblikke vasgevang. Hodge het by Shamba se hok inbeweeg, waarna besoekers aan die park kon volg vanuit ‘n voertuig, soos wat hy amper ander elke dag doen. Shamba het op Hodge afgestorm.

In ‘n onderhoud met ‘n familielid van Hodge, is vertel: “Shamba was nog altyd baie liefdevol. Hodge het Shamba self met die bottel grootgemaak nog voordat die leeupark oop was. Wanneer Hodge by die hok inbeweeg het, het Shamba altyd teen hom kom skuur en selfs langs hom kom lê. Díe twee was baie lief vir mekaar. Hierdie is vir ons ‘n dubbele skok. Ons sal  Shamba vreeslik mis! Vandag huil Hodge nie oor sy eie beserings nie, hy huil oor Shamba.” 

Volgens Hodge moes Shamba noodgedwonge geskiet word om Hodge se lewe te red.

* Video op facebook

Share this article with a friend...