Articles
Social & Community News
27 April 2018

Rustenburg – Welbekende Bill McGill het drie van sy skilderye aan die Rustenburgse Dierebeskermingsvereniging (DBV/ SPCA) geskenk op Maandag, 9 April. 


In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly vertel McGill: “Ons almal moet doen wat ons kan om ons plaaslike DBV te ondersteun.” 


Die Rustenburg DBV sal voorts besluit of hulle ‘n tombola (‘raffle’ of ‘lucky draw’) kompetisie sal hou en of hulle dit dalk wil opveil of verkoop. Vir meer informasie, skakel die DBV by 014-592 3181. 


McGill is gebore in Greytown, Natal in 1934 en het in 1944 na Rustenburg verhuis. ‘n Porsie van die Madikwe Game Reserve het eens aan die McGill familie behoort, waarvandaan Bill se liefde vir natuurtonele en wilde diere ontstaan het. 


Verskeie waterverf skilderye hang aan prominente mure in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryke, Duitsland, Brasilië, Holland, Australië, Nieu-Seeland, Frankryk, Amerika en Kanada. McGill het ook voortreflike items opgelewer in gesogte kunsgalerye in SA en is as ‘kunstenaar van die jaar’ aangewys deur die Noord Wes Landbou Unie in 2012. 

McGill het drie skilderye aan die plaaslike DBV geskenk, waarvan die derde ook in waterverf is. 
Een van Bill McGill se skilderye in akriel.
Ook ‘n skildery van McGill, in waterverf. 

 

Share this article with a friend...