Articles
Headline News
20 April 2018

Potchefstroom – Die Noordwes-Universiteit (NWU) gemeenskap is diep geraak na die jammerlike verdrinking van een van hul studente op Sondagmiddag, 15 April, teen 15h00 op die Potchefstroomkampus. 


Die 34-jarige student was by die universiteit se swembad saam met ‘n vriend. Die voorval was nie deel van enige formele studente- of universiteitsaktiwiteit nie.


Volgens die vriend was hulle besig om te ontspan toe die ongeluk plaasgevind het. Die vriend het vertel dat die oorledene by die diepkant van die swembad ingespring het. Hy het kort hierna besef dat iets verkeerd is en het alarm gemaak toe die student nie uit die water gekom het nie. Die universiteit het verneem dat ‘n medestudent in die water gespring het en hom uitgehaal het. Paramedici is na die toneel ontbied en het KPR toegepas. Hy is in ’’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem waar hy later die aand oorlede is.


Almal wat tydens die ongeluk daar was het traumaberading ontvang deur opgeleide universiteitspersoneel wat verantwoordelik is vir ondersteuning tydens sielkundige, trauma- en emosioneel verwante noodgevalle. Dieselfde ondersteuning is ook aan die onmiddellike familie van die oorledene gegee. Hulle het die kampus besoek.


Die polisie is tans besig met ? geregtelike doodsondersoek. Die familie en vriende van die oorledene is in ons gedagtes gedurende die moeilike tyd.
NWU vrystelling 

Share this article with a friend...