Articles
Sport & School News
06 April 2018

Crusaders vs Bulle
In Christchurch klop die Saders die Bulle 33-14. Die Bulle speel wel ‘n ander tipe spel as hulle normale stampkar ruggas maar ouboet, hulle gaan nie die jaar die pyp rook nie. 
Die Bulle keer terug SA toe en gaan op Loftus teen die Stormers uitdraf. Hierdie game gaan vir vuurwerke sorg ou grote, die gebruiklike noord suid oorlog! Die Saders reis Jo’burg toe om teen die Leeus uit te draf.

Rebels vs Haaie
Die Haaie se vinne het êrens verloor, definitief trots en tanne ook! Die Rebels wen gemaklik 46-14. Die Haaie se coach uncle Rob neem al die blaam op hom. 
Die Reblels speel volgende in Melbourne teen die Hurricanes en die Haaie moet teen die Blues in Auckland uitdraf.

Stormers vs Reds
Op Nuweland wen die Stomers die straatgeveg 25-19. Die Reds het met moord weggekom met blatante vuilspel. Die ref Marius van der Westhuizen het nie ‘n goeie dag op kantoor met die fluitjie gehad nie. Die Aussie krieketspan se bal geskuurdery het hom dalk so ontstel dat hy bang was hy kry ‘n bal teen die kop as hy te streng optree teen die Reds boelies! 
Die Kapenaars reis Pretoria toe om op Fort Loftus teen die gekweste Bulle uit te draf. Die Reds geniet volgende ‘n loslootjie.

Jaguares vs Leeus
Die Leeus val toe wragtiewaar vir die derde agtereenvolgende jaar vir dieselfde grappie om weer ‘n B Span te kies en gaan staan en verloor 49-35 ou grote. 
Die Leeus speel volgende in Jo’burg teen die Crusaders wat geen tee party gaan wees nie. Die Jaguares het ‘n loslootjie.

Nag ou grote...
 

Share this article with a friend...