Articles
Social & Community News
16 March 2018

Rustenburg – Ons stel bekend Martie se Honde Salon en Rustenburg se eerste Dog-walk Charity Fun Dress-up vir jou en jou woef! 

Díe geleentheid vind plaas op Saterdag, 17 Maart te 4 Landdros straat, Rustenburg en Mevrou Rustenburg, Chantel Krause, gaan die dag kom saam geniet! Registrasie begin al om 07h00 en die staptog begin om 07h30. 

Die 2km staptog beloop R40 per eienaar en woef, en R20 per ekstra hond. Die 4km staptog beloop R60 per eienaar en woef, en R20 per ekstra hond.
Groot pryse deur WUMA Dogfood is op die spel! Vir die jongklomp sal daar ‘n springkasteel en iets te eet en drink wees. 

Daar is 6 kategorieë waarin jy kan deelneem: 

  • x2 Best dressed pryse vir die eienaar en hond (reun en teef) 
  • x2 Best look-alike eienaar en hond
  • Die vinnigste 2km 
  • Die vinnigste 4km 


Die honde is verplig om met leibande te loop of draf. 

Vir meer informasie skakel 082-461 0313. 

Share this article with a friend...