Articles
Headline News
09 March 2018

Buffelspoort – Vanjaar se Buffelspoort Karnaval op Saterdag, 3 Maart, was uit die boonste rakke en het voorsien vir die jonk en die jonk-van-gees. 


Hope vermaak was beskikbaar vir die nuuskierige, die nostalgiese en musiekliefhebbers. Pieter Koen, Elvis Blue, Willem Botha en die welbekende Parlotones het heupe aan die skud en koppe aan die knik gehad, terwyl die tafels swaer onder die kos was – dat geen magie leeg gebly het nie!  


Hope pret was aan die orde van die dag en het ‘n interessante slang demonstrasie deur Hencke Marais van HM Enviro Trading ingesluit. 


Die spiertiere het hul staal kom wys; sterk manne en manninne van Chaos Hardcore Barbell het kom wys wie’s baas. Marcel Vorster het onder andere deelgeneem. Hy was die kleinste van die groep en weeg ‘n skamele 66kg. Gerhard van Staden weeg 160kg en was SA se sterkste man in 2011. Maar dit was Belinda Bronkhorst wie die manne laat bloos het met haar brute krag. 

Gerhard van Staden met 135kg aan ‘n kant. Vanjaar se Buffelspoort Karnaval op Saterdag, 3 Maart, was uit die boonste rakke en het voorsien vir die jonk en die jonk-van-gees. 
Die welbekende Parlotones.
Belinda Bronkhorst het behoorlik verbaas met haar krag en stamina!
Van links: Elvis Blue en Keagan Rossouw.
Een van die slang demonstrasies deur Hencke Marais; hier met ‘n African Rock Python.

 

Share this article with a friend...