Articles
Social & Community News
14 December 2017

Rustenburg – Daar is nie ‘n beter manier om die oujaar uit te skoffel as saam met die bekende Ventertjies nie! Hulle sal op 30 Desember by Kalakiri optree vir die oujaarsaand partytjie. Toegang beloop R80 per paartjie en R50 vir enkel persone. Kinders onder 12 jaar is gratis.

Jy kan jou eie peuselhappies saambring; maar daar is wel ‘n kontantkroeg. Geen eie drank word toegelaat nie.

Vir meer informasie, skakel Hanli by 081-050 6843 of 078 331 2801; of Roxanne by 083-308 7443.  

Share this article with a friend...