Articles
Sport & School News
14 December 2017

Rustenburg – Op Saterdag, 2 Desember, het Buitengewone Onderwys met hulle leerders gespog. Die leerders het ‘n item opgevoer met musiek instrumente en sang en hulle het ook ‘n gedig opgesê onder leiding van Mnr. Hanno Kruger.

Mev. Els en die onderwysers het die leerders se akademiese sertifikate oorhandig en Karen Engelbrecht saam met Elaine Makin van Playball het hulle Playball sertifikate en medaljes aan hulle oorhandig. Die ouers het daarna lekker saam die personeel gebraai en die leerders het baljaar op die springkasteel.

Baie dankie aan al die ouers wat die dag bygewoon het!

Share this article with a friend...