Articles
Sport & School News
14 December 2017

In die tweede toernooi loop die Blitsbokke hulle vas teen ‘n witwarm All Black span in die semi finaal. Die Bokke speel dan uit vir die derde plek teen Kanada en wen 19-17 in ‘n riller.

Nieu-Seeland verslaan Argentinië in die finaal en beklee ook nou die eerste plek op die punte tabel. Díe spoedvrate kry nou ‘n blaaskans en sal weer op 26 Januarie uitdraf in Australië in die derde toernooi.

Dit was ‘n baie onstuimige jaar vir SA Rugby in 2017. Die koms van Rassie Erasmus as die indoena van SA Rugby is vir duisende rugga liefhebbers beslis die silwer randjie van groot donker donder wolke.

Namens ou grote en kie wens ons julle rugga manne en manninne ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige 2018 toe. Ons hoop daar aan ‘n nuwe treffer eersdaags op die rakke verskyn… ‘Tata Toetie!’

Nag ou grote…

Share this article with a friend...