Articles
Sport & School News
08 December 2017

In Cardiff word die Bokke deur ‘n begeesterde klomp Rooi Drake kous oor die kop huistoe gestuur en wen 24-22. Ai ou groene, lyk so dan as jy wil rekords in toets ruggas opstel, dan bel jy net vir Toetie en draf op. 

Waar is Bok Rugby wil duisende Bok ondersteuners weet? Wragtigwaar, dit is nou die tweede jaar wat jy te skaam is om die woord ‘Springbok’ te gebruik. Die ergste is dat Toetie nog die vermetelheid het om te sê die Bokke is op die regte pad! My sussie in Brits sal hom nie eers glo nie, en sy is hoogs geleerd!!

Die rampspoedige 2017 jaar is vir eers verby… mag Rassie maar weer op dakke klim as hy moet en seine uitstuur, solank hy net weer die trots van die nasie die Springbok se naam in ere kan herstel. 

Nag ou groene...

In Dubai speel die régte Springbokke voortreflike ruggas en wen die eerste toernooi in die 2017/18 toernooi. 

Na ‘n stadige begin teen Uganda, wen ons 19-10 en toe tel die Blitse spoed op... Hulle verwoes Kenya 48-5 en klop Kanada 28-0 om so dan die groepfase te wen en deur te dring na die kwart finaal. Hier kom hulle te staan teen die fisieke Samoane en wen 26-10. Fidji is toe volgende slagoffer en die Bokke seëvier 12-7 in ‘n klipharde stryd. 

Die Blitse draf op teen die All Blacks in die finaal en wen welverdiend 24-12. Vir ‘n beter begin kon Coach Neil Powell nie gevra het nie. 

Die volgende toernooi is in Kaapstad eerskomende naweek en die Bokke wil wraak neem teen

Engeland wat hulle partytjie verlede jaar bederf deur die Blitse in die finaal te loop klop.
Al die kaartjies vir díe skouspel in die Kaap is alreeds uitverkoop. 
 

Go Blitse! Nag spoedvraat...

Share this article with a friend...