Articles
Churches & NGO News
07 December 2017

Rustenburg – Maak julself gereed vir ‘n vroeë Kersgeskenk met die twee optredes van die baie bekende en gewilde gospelsanger Danie Botha. 

Botha se sang en woordbediening het die afgelope paar jaar baie gegroei en ontwikkel! Hy fokus veral daarop om die mense in die teenwoordigheid van die Here in te lei, daar waar die reddende, genesende en vrymakende krag van die Here manifesteer.

Sy besoek aan ons stad kan nie meer tydig wees as juis nou nie! Ons het elke bietjie hulp nodig om ons geloof en hoop te versterk in die tyd waarin ons leef.

Hy tree op by die AGS Rustenburg: Oase van Hoop (h/v Ridder en Joubert strate, Oos-Einde) op

Sondag, 10 Desember om 09h00 en weer om 18h00.  

Toegang is gratis. Vir enige navrae, skakel  082-570 7571. 

Dit is voorwaar ‘n hoogtepunt op die Desember kalender – sien julle daar! 

Share this article with a friend...