Articles
Headline News
10 November 2017

Koster/ Derby – “Roedolf van Wyk (69) is oorrompel deur drie plaasaanvallers omstreeks middernag Saterdagaand/ Sondagoggend, 5 November,” aldus kaptein Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder. 

Hy het gesit en televisie kyk toe hy stemme buite hoor. Kort voor lank was die aanvallers in Van Wyk se sitkamer. Hy is sleg aangerand en twee keer geskiet, in sy regterhand en linkerarm soos hy probeer het om die aanvallers af te weer. 


Van Wyk sterk aan in die hospitaal. 


Die verdagtes het ‘n 40-duim televisie, vleis en kruideniersware gebuit asook Van Wyk se silwer Nissan Navara bakkie (registrasie plate: JTV 804 NW). 

Die aanval het plaasgevind by Vlakhoek, in die Koster stasiewyk naby Derby.  


Die Polisie is tans opsoek na die drie aanvallers. 

Share this article with a friend...