Articles
Social & Community News
17 November 2017

Rustenburg – Rustenburg het onlangs met trots bewys dat ons die boere ondersteun toe Rustenburgers die verkeer tot ‘n  stilstand gebring ter ondersteuning van #BlackMonday... maar mense, die boere het steeds jou hulp nodig!


Ten spyte van all die geteikende geweld en haat wat boere en hul werkers elke nag moet teen waak, moet hulle boonop nog die elemente van die natuur ook die stryd aansê deur die dag. Die boere in die Weskaap loop tans besig gebuk onder een van die swaarste en bedroewendste droogtes in lewende geskiedenis. 


Burre Burger; ‘n Suid Afrikaner vanaf Vredendal het besluit om dit sy roeping te maak om die boere te help in hierdie krisis en mense van oor die hele land het hierdie noodkreet geantwoord. Mense soos Rustenburg se PJ Snyman.


PJ het ‘n kos insamelingspunt van stapel gestuur by die Waterval Mall se parkeerarea waar boere ondersteuners soos ek en jy kan gaan pakkies nie-bederfbare kos aflaai. Die Platinum Weekly koerant het op Saterdag 4 November by hulle gaan inloer. “Dit was wonderlik om te sien hoe mense hulle ondersteuning wys met hulle donasies,” het PJ gesê.  


Hierdie kos word dan saam gesit en op 25 November af vervoer na Centurion waar dit sal deel word van die groter besending, om ons mense in die Weskaap te verlig. Kos vir die boere en hul werkers. 
Hou asseblief ook ingedagte dat toe die myne tot ‘n stilstand gekom het, en die koskaste in Rustenburg nie ‘n krummel ingehad het nie, was dit die boere wat lorrie vragte vol vars groente en kerksale vol nie-bederfbare produkte gestuur het.


Die insamel-punt sal oop wees op Saterdag 11 en 18 November van 9 tot 12 voormiddag. Gaan volg hulle gerus op Facebook of lees Burre Burger se webwerf www.droogtehulp.co.za. 

Share this article with a friend...