Articles
Sport & School News
09 November 2017

Op ‘n stampvol Twickenham, Engeland, is daar goeie ruggas deur beide spanne gespeel. Die Barbarian span was versterk deur ‘n hele paar Nieu-Seelanders en ses SA Spelers onder die 23. Die All Blacks het met ‘n baie onervare span opgedraf, gelukkig met Beauden Barrett as kaptein. Die All Blacks wen 31-22 en druk soos gewoonlik ‘n paar skitter drieë.

Vir die Barbarians het Kwagga Smith uitgestaan en was ook aangewys as speler van die wedstryd. Sommige spelers en beamptes kon nie glo dat Kwagga níe saam met die Bokke op toer is nie! Duidelik weet hulle dan nog nie wie die Springbok is coach nie… Harold Verster van die Leeus het op senter getoon hy kort nog ervaring op die vlak. Robert Du Preez het ook speelkans gekry en het goed vertoon, so ook Akker van der Merwe was lekker besig soos gewoonlik toe jy speelkans gekry het.

Lekker internasionale ruggas vir die manne en manninne op die kassie:

  • Suid Afrika speel eerskomende Saterdag teen Ierland in Dublin.
  • Frankryk vs Nieu Seeland
  • Wallis vs Australië
  • Engeland vs Argentinië
  • Scotland vs Samoa
  • Italië vs Fidji
  • Georgia vs Canada

Nag ou groene…

Share this article with a friend...