Kashane VLU byeen
Rustenburg – Kashane Vroue Landbou Unie (VLU) Aand-tak het 2025 met inspirasie afgeskop tydens hul eerste vergadering vanjaar, op Dinsdag 14 Januarie 2025.
Maggi Britz het die vergadering geopen met die betekenisvolle tema, “Ons kinders, ons toekoms”, en het die lede herinner aan die sleutelrol wat opvoeding speel in die vorming van ons jonger geslag. Haar insiggewende boodskap het almal aangemoedig om hul deel te doen in die bou van ‘n beter toekoms vir ons kinders en gemeenskap.
Photo: Agter van links: Ansie Baxter, Charmaine Coetzer, Maggi Britz, Marie Williams, Hettie van der Vyver, en Elize Myburgh. Voor van links: Moira Kok en Daleen Roos
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly